Posduif
  • Tuis
  • Bio
  • Foto’s en media
  • Ons Musiek
  • Kontak Ons
  • Bietjie van ons

    Hierso

    DIE VOËL HET DIE NES VERLAAT…

    n Afrikaner, Indiër, swart man, bruin man en twee Engelse ouens loop by ’n kroeg in… Wat mag klink soos die begin van ’n goeie outydse grappie, is eintlik ’n beskrywing van ’n moderne multikulturele musiekgroep met ’n baie unieke naam.

    Die opwindende groep, POSDUIF, wat besig is om die ritme van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te verander, het in 2018 hulle buiging gemaak met die bekendstelling van hul eerste enkelsnit, Brandy Special. Een Vir My, die daaropvolgende radiotreffer is net so goed ontvang en die musiekvideo het – nes sy voorganger – soos ’n veldbrand versprei.

    Hul derde enkelsnit, LAAT VAL DIE WATER is onlangs vrygestel en pronk reeds op verskeie trefferparades landswyd. Hierdie snit, uit die pen van Nick Jordaan en James Boland, spog met dieselfde opbouende en unieke klank waarvoor Posduif bekendheid verwerf het.

    Volgens die musikante is hierdie ’n liedjie van hoop en dra dit die boodskap dat moeilike tye makliker oorkom kan word deur in die toekoms van Suid-Afrika te glo, eerder as om negatiwiteit te help versprei. “Daar is so baie negatiewe stories en mense wat uit die land uit vlug,” sê kitaarspeler en sanger, Nick Jordaan. “LAAT VAL DIE WATER gaan daaroor om die lig te wees en ’n voorbeeld te stel vir die mense rondom ons. Ons woon in ’n pragtige land en moet saam staan, ongeag van wat ons ras, kultuur of geloof is. Almal staar dieselfde probleme in die gesig en kan saam daarby baat wanneer dit opgelos word.”

    Die groep bestaan grotendeels uit lede van die immergewilde groep, Rubber Duc, wat sedert Maart 2014 saam musiek maak. Alhoewel Nick Jordaan, Amiel Gopal, Leeroy Sauls en Brendan Campbell reeds die harte van plaaslike musiekliefhebbers reeds toe verower het, verras hulle aanhangers verder met die toevoeging van James Boland as hoofsanger van ’n splinternuwe projek met die naam POSDUIF. Op saksofoon bekoor die talentvolle Kabeey Sax – voormalige lid van MI CASA.

    ELKE VOËL SING SOOS HY GEBEK IS…

  • Amiel Gopal

    Baskitaar

    Amiel Gopal – baskitaar

    Amiel Gopal speel baskitaar en geniet elke aspek van musiek en die musiekbedryf. Hy speel al kitaar vandat hy elf is en is al vir agtien jaar doenig in die bedryf. Amiel glo dat opgee net ’n opsie is vir diegene wat net doodgewone lewens wil ly…

    “So, as jy ’n buitengewone lewe wil hê, moet nooit opgee nie!”

  • James Boland

    Hoofsanger

    James Boland – Hoofsanger

    James Boland is POSDUIF se hoofsanger en ’n kitaarspeler. Hy is baie lief vir sy familie, vriende, reis en kultuur en wil graag hê dat die mense rondom hom gelukkig moet wees. James glo daaraan om hard te werk, altyd sy beste te gee en nooit op te gee nie.

    “Musiek het ’n manier om stories met mense te deel en met elke liedjie deel jy iets van jouself,”


    James glo daaraan om hard te werk, altyd sy beste te gee en nooit op te gee nie.

  • Nick Jordaan

    kitaarspeler en Sanger

    Nick Jordaan – kitaarspeler en Sanger

    Kitaarspeler en sanger, Nick Jordaan, is ’n oudleerling van Pretoria Boys High School met ’n graad in bemarking. Hy is iemand wat ’n goeie grap geniet.

    “Musiek is ’n voertuig wat ’n wye verskeidenheid emosies oordra en vir my is daar niks beter as om te sien hoe iemand ’n liedjie saamsing wat ek geskryf het nie,”!”

    As hy nie ’n loopbaan in musiek kon hê nie, sou hy graag ’n professionele sokkerspeler wou wees.

  • Kabeey Sax

    Saksofoonspeler

    Kabeey Sax – Saksofoonspeler

    Kabeey het sy loopbaan op twaalf jarige ouderdom in die kerk afgeskop! Hy is ook ‘n uiters talentvolle sanger, danser en vervaardiger. Die vriendelike saksofoon-speler, wie se voete plat op die grond is, kan enige liedjie waaraan jy moontlik kan dink, speel!

    “Ek het reeds as kind geweet dat dit is wat ek met my lewe wil doen.”

  • Brendon Campbell

    hoofkitaarspeler

    Brendon Campbell – Hoofkitaarspeler

    Brendon Campbell is die groep se vervaardiger en hoofkitaarspeler. Hy werk al vir agt jaar in die musiekbedryf en as jy hom uitvra oor sy loopbaanhoogtepunte, sê hy:

    “Ons is gelukkig genoeg om baie mense te ontmoet, beide in die bedryf en regoor die wêreld. Dit is vir my ’n groot hoogtepunt om so ’n diverse verskeidenheid mense te ervaar.”

  • Leeroy Sauls

    Dromspeler

    Leeroy Sauls – Dromspeler

    Dromspeler, Leeroy Sauls, het in die Kaap grootgeword en sê dat die kerk die grootste invloed op sy musiek gehad het.

    “Dit is waar ek op die ouderdom van tien begin dromme speel het. Musiek het my op die regte pad gehou en my baiekeer daarvan weerhou om die verkeerde besluite te maak.”

    Hy werk al twaalf jaar in die bedryf en meen dat die hoogtepunt van sy loopbaan was om saam met die legende Hugh Masekela te werk en te toer.

© Posduif 2019 proudly built and designed by sideup.co.za