My video

Ons Musiek

POSDUIF bring ’n splinternuwe klank na die Afrikaanse musiekbedryf. Dit is vars, energiek, positief en iets waarmee almal sal kan vereenselwig. Hierdie groep is a-polities, maar ondersteun positiewe gebeure in die land, en vier die goeie tye waaraan Suid-Afrikaners geken word. Luisteraars van enige ouderdomsgroep, taal en streek, wat waardering het vir goeie lirieke en melodieë is die teikenmark. Hierdie gehoor werk hard, speel hard en bou met trots saam aan ‘’n suksesvolle toekoms vir Suid-Afrika, en POSDUIF is die stem.

Luister